NLU sê oor generasionele plaaswerkers

Loading player...
Die Namibiese Landbou-unie stem saam met landbouminister Inge Zaamwani dat kommersiële boere waardige en volhoubare oplossings moet vind vir generasionele plaaswerkers en hulle nie van plase af verdryf nie. Zaamwani sê gedwonge uitsettings van hierdie plaaswerkers, wat oor generasies ‘n bydrae tot plase gelewer het, is onmenslik en onaanvaarbaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Christine Stoman, voorsitter van die Landbouwerkgewersvereniging, wat sê die regering moet ook help.
3 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Op jul merke, gereed, Comrades!

Die Comrades-marathonvereniging sê alles is gereed vir die groot jaarlikse wedloop. Vanjaar se afdraande-wedloop, van Pietermaritzburg na Durban, het 'n rekordaantal 24 000 inskrywings. Die hoofbestuurder van die Vereniging, Alain Dalais sê as gevolg hiervan moes 'n paar veranderinge aangebring word om die veiligheid van atlete te verseker. Een van…
8 Jun 12AM 1 min

Gaping vir Namibië om EV-battery te vervaardig

Die Internasionale Energie-agentskap berig dat 17,3 miljoen elektriese motors in 2024 wêreldwyd geproduseer is, ongeveer 'n kwart meer as in 2023. Dit was grotendeels as gevolg van verhoogde produksie in China, wat 12,4 miljoen elektriese motors, of meer as 70 persent van globale produksie opgelewer het. Die opswaai is te…
7 Jun 5AM 1 min

Geen genade op Loftus in VRK-halfeindstryd

Rugby: Daar sal geen genade wees wanneer die Bulle en die Haaie mekaar vandag op Loftus in Pretoria aandurf nie. Dit gaan hier oor 'n plek in die eindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die afskop op Loftus is kwart-oor-ses. In die ander halfeindstryd is Leinster op hulle tuisveld in Dublin…
7 Jun 5AM 1 min

Konsepplan aangeneem vir Katima Mulilo eenstop-grenspos

Namibië en Zambië se gesamentlike bestuurskomitee vir 'n eenstop-grenspos by Katima Mulilo het in Livingstone, Zambië, 'n konsep-implementeringsplan en bestuursraamwerk aangeneem, met die doel om die plan binne 'n maand te finaliseer en die projek binne 18 maande te voltooi. Die Namibië Inkomste-agentskapskommissaris Sam Shivute en Zambië se permanente handelsekretaris…
7 Jun 2AM 1 min

Haaie durf Bulle aan met nuwe slotpaar

Rugby: Die Haaie draf vandag op die veld sonder hulle twee kragreuse, Eben Etzebeth en Jason Jenkins wat albei beseer is. Dit beteken hulle speel hulle halfeindstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap op Loftus Versfeld met Corné Rahl en Emile van Heerden as slotpaar. Die kaptein van die Haaie, Siya Kolisi,…
7 Jun 2AM 1 min