
NNN moet bestuur van diversiteit in die land aanspreek
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het nou twee keer in belangrike toesprake gesê dat sy nie 'n verdeelde nasie wil lei nie. Sy het dit die eerste keer in haar intreerede gesê toe sy as president verkies is, en dit herhaal tydens die amptelike vieringe van die Volksmoord Herdenkingsdag in Windhoek. Die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe het egter die amptelike datum van 28 Mei verwerp, omdat hulle nie geraadpleeg is nie en ander datums verkies, en ook gesê dat hulle nie deel was van onderhandelinge met die Duitse regering vir reparasies nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat.