
ActionSA takel polisie-direktoraat oor 'vanlyn' e-posstelsel
Loading player...
ActionSA sê die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat het 30 dae uitstel gevra vir die party se aansoek volgens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Die PAIA-aansoek vra die bekendmaking van die OPOD-verslag oor die presidensiële beskermingseenheid se betrokkenheid by die Phala Phala-diefstalsaak in 2020. Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het die verslag as “hoogs geheim” geklassifiseer. ActionSA-woordvoerder Michael Beaumont sê OPOD voer aan sy e-posstelsel was vanlyn en daarom het hy die aanvanklike sperdatum in Mei misgeloop: