
Okahandja toerisme-ekspo gaan voort, maar gemeenskap boikot
Loading player...
Die Okahandja -toerisme- en handelsuitstalling het vandag geopen, nadat dit in Mei uitgestel is weens moorde op drie jong meisies. Dit het gekom na druk deur gemeenskapslede en aktiviste na die lyke van die 5-jarige Ingrid Maasdorp, die 6-jarige Roswinds Fabianu en die 15-jarige Beyonce Kharuxas gevind is. Burgemeester Beatrice Kotungondo het aan plaaslike media gesê dat die rouperiode geëindig het en dat die dorp die meisies 'n waardige begrafnis gegee het. Sy weet ook nie van enige formele klagtes oor die aanbied van die skou nie. Kosmos 94.1 het gepraat met die aktivis Sydney Gariseb, wat sê die betrokke gemeenskap boikot die skou.