
Namibië se belangrikste uitvoere voel internasionale spanning
Loading player...
Namibië se mynbougedrewe welvaart word bedreig deur internasionale politieke spanning en handelsbeskerming wat ‘n demper op die vooruitsigte vir kommoditeitspryse vir vername uitvoere soos basismetale en diamante plaas. Hoewel Namibië min direkte handel met Amerika dryf, voel die land wel indirek die impak van Trump-tariewe en trae globale nywerheidsbedrywighede. Kosmos 94.1 Nuus het met Theo Klein van Oxford Economics Africa gepraat: