
Kankerveriging onderstreep belangrikheid van HPV-inentings
Loading player...
Die gesondheidsministerie se bekendstelling van die entstof teen menslike papilloomvirus, of HPV in die nasionale roetine-immuniseringskedule, sal van 30 Junie tot 18 Julie plaasvind. Dit is oorspronklik vir 2 tot 13 Junie beplan, maar is herskeduleer om te verseker dat alle nodige voorbereidings in plek is. Die HPV-inentingsprogram is hoofsaaklik 'n skoolgebaseerde ingryping, wat meisies van nege tot 14 jaar teiken. Die entstof sal ook beskikbaar wees by openbare gesondheidsfasiliteite en tydens uitreikbesoeke vir meisies buite skole. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, wat die belangrikheid van die inentingsprogram uitlig.