
Nog geen terugvoer oor Starlink nie
Loading player...
Die kwessie dat Starlink 30 persent plaaslike aandeelhouding moet hê om 'n bedryfslisensie te kan kry was onlangs in die nuus in Suid-Afrika, met die regering wat beoog om die beleid en wette hieroor te verslap. Daar is net soos in Namibië, 'n groot behoefte in afgeleë en ondergedienste gebiede vir die internet-diens. Die deeltydse Suide-boer Peet van Staden het vroeër 'n versoekskrif hieroor begin, wat wyd ondersteun is. Die dringendheid van die kwessie is ook in die Nasionale Raad deur die LPM se Willem Labuschagne geopper. Kosmos 94.1 Nuus het opgevolg met Peet van Staden, wat sê hy het nog nie terugvoer gekry nie en Starlink sal nie bestaande satelliet-dienste benadeel nie.