
EFF steeds boos oor belasting wat sonder LP's geïmplementeer word
Loading player...
Die EFF sê hulle sal hul parlementêre verteenwoordiging gebruik om te verhoed dat die Nasionale Tesourie in die toekoms belasting sonder behoorlike demokratiese toesig instel. Dit volg nadat die Wes-Kaapse Hooggeregshof die party se aansoek teen die brandstofheffingverhoging met koste van die hand gewys het. Die verhoging van 16-sent per liter vir petrol en 15-sent per liter vir diesel het reeds in werking getree. Omphile Maotwe van die EFF sê belasting moet deur parlementslede goedgekeur word: