
Parlement hervat volgende week bedrywighede
Loading player...
Die Nasionale Vergadering sal na verwagting op 10 Junie hervat en verskeie items is reeds op die agenda. Dit is die begroting, die Wysigingswetsontwerpe op Openbare Verkryging en die Regbank, en die Padwetsontwerp. Al die wetsontwerpe is sonder wysigings in die Nasionale Raad aangeneem. Verder is daar verskeie Staande Komitee-verslae wat ook deur die Nasionale Raad hersien is. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Sakeus Kadhikwa, gepraat oor wat in die Nasionale Vergadering gaan volg.