
Vryheidsindeks bring ander probleme na vore
Loading player...
Die Namibiese ekonomie word steeds grotendeels as nie vry nie beskou deur 'n toonaangewende internasionale indeks. Die Heritage Foundation het Namibië vanjaar sewende uit 47 lande suid van die Sahara in sy indeks van ekonomiese vryheid geplaas. Wêreldwyd is Namibië 94ste uit 184 lande. Namibië se telling het met 1,2 punte tot 58,7 gestyg, maar is steeds onder die wêreldgemiddelde van 59,7. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Johan Coetzee, wat 'n parallelle probleem uitwys.