
Banyana Banyana fokus op Afrika-beker vir Vroue
Loading player...
Sokker: Die afrigter van Banyana Banyana, Desiree Ellis, sê hulle fokus nou op voorbereidings vir die Afrika-beker vir Vroue wat volgende maand in Marokko gespeel word. Suid-Afrika is as kampioene van die Drienasies-reeks gekroon nadat hulle Zambië met 2-0 in die Lucas Moripe-stadion in Pretoria verslaan het. Banyana het die toernooi onoorwonne afgesluit en vyf doele aangeteken terwyl hulle slegs twee afgestaan het. Ellis sê hulle het met WAFCON in gedagte, verskillende kombinasies in die toernooi getoets: