
UDP eis dat regering Zambezi-streek ontruim
Loading player...
Die United Democratic Party, UDP, eis weereens dat die regering die Zambezi-streek onmiddellik ontruim. Die streek is voorheen die Caprivi-strook genoem. Die UDP, onder die leierskap van Mishake Muyongo, het op 2 Augustus 1999 'n onsuksesvolle poging geloods om die Zambezi-streek van Namibië af te skei. The Namibian berig dat UDP-lede in 'n vreedsame betoging Woensdag 'n beroep op president Netumbo Nandi-Ndaitwah gedoen het om die Namibiese weermag te beveel om die streek so gou moontlik te verlaat. In 'n versoekskrif wat deur die UDP-sekretaris Ronnicah Sipiho voorgelees is, sê hulle dat hulle hul eie regering met Muyongo as president wil stig. Luister na een van die UDP-leiers by die betoging.