
Wêreldomgewingsdag word vandag herdenk, EIF sê oor plastiekheffings
Loading player...
Dis vandag Wêreldomgewingsdag onder die tema, Bekamp Plastiekbesoedeling. Die Omgewingsbeleggingsfonds sê dit sluit sterk aan by sy voortgesette pogings om omgewingsagteruitgang wat deur plastiekafval veroorsaak word, te bestry. Die fonds het verskeie inisiatiewe geïmplementeer wat daarop gemik is om plastiekbesoedeling te verminder en omgewingsvolhoubaarheid te versterk. Onder die maatreëls is die heffings op plastieksakke en die fonds se woordvoerder Romeo Muyunda, het meer oor hoe die fondse, wat 90 miljoen Namibiese dollar jaarliks beloop, bestee sal word.