
Klagtes dat hotelpersoneel manlike gaste ‘hustle’
Loading player...
Klagtes het in die openbaar opgeduik oor die personeel van 'n sekere hotel wat na bewering gaste se privaatheid skend, veral dié van manlike sakelui. Daar word berig gaste word per WhatsApp gekontak vir afsprake of, daar word laataand op hul kamerdeur geklop om te vra of enige dienste benodig word. Daar is egter nie formele klagtes ingedien wat ondersoek kan word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met hotelpersoneel gesels wat die klagtes ontken. Nrupesh Soni van die Namibiese Reis- en Toerismeforum sê gasvryheid- en dienspersoneel in die algemeen behoort beter opgelei te word, maar die saak het twee kante.