
Djokovic verwag taai stryd teen Sinner
Loading player...
Die driemalige kampioen, Novak Djokovic, en die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner gaan in die Franse Ope se halfeindronde kragte meet. Die 38-jarige Serwiër het verlede jaar se finalis, Alexander Zverev van Duitsland, verslaan in sy poging om die rekord te verbeter met ʼn 25ste Grand Slam-titel. Sinner het gemaklik afgereken met Alexander Bublik van Kasakstan, en die eerste Italiaanse man geword wat ses Grand Slam-halfdeindrondes haal. Djokovic verwag ʼn taai stryd teen Sinner: