
Infrastruktuur by Wagdaar vorder op Swakop
Loading player...
Onlangs het die Swakopmund-munisipaliteit amptelik die Wagdaar informele nedersettingsterrein aan Zero Six Five Trading en Mawila Technical Services oorhandig om die infrastruktuurprojek van stapel te stuur. Dit sluit in die voorsiening van munisipale dienste vir Uitbreiding 42 in die nedersetting wat 310 erwe dek. Linda Mupupa, die woordvoerder van die munisipaliteit, het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.