Rampahosa se NGV-appèl is agterdogtig

Loading player...
Die VF Plus doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om te verduidelik hoekom hy die Nasionale Gesondheidsversekeringswet kort voor verlede jaar se verkiesing onderteken het. Dit volg na die president appèl by die Konstitusionele Hof oor die Hooggeregshofbeslissing dat hy redes moet verskaf. Philip van Staden van die VF Plus sê Ramaphosa se appèl is agterdogtig:
5 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gaping vir Namibië om EV-battery te vervaardig

Die Internasionale Energie-agentskap berig dat 17,3 miljoen elektriese motors in 2024 wêreldwyd geproduseer is, ongeveer 'n kwart meer as in 2023. Dit was grotendeels as gevolg van verhoogde produksie in China, wat 12,4 miljoen elektriese motors, of meer as 70 persent van globale produksie opgelewer het. Die opswaai is te…
7 Jun 5AM 1 min

Geen genade op Loftus in VRK-halfeindstryd

Rugby: Daar sal geen genade wees wanneer die Bulle en die Haaie mekaar vandag op Loftus in Pretoria aandurf nie. Dit gaan hier oor 'n plek in die eindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die afskop op Loftus is kwart-oor-ses. In die ander halfeindstryd is Leinster op hulle tuisveld in Dublin…
7 Jun 5AM 1 min

Konsepplan aangeneem vir Katima Mulilo eenstop-grenspos

Namibië en Zambië se gesamentlike bestuurskomitee vir 'n eenstop-grenspos by Katima Mulilo het in Livingstone, Zambië, 'n konsep-implementeringsplan en bestuursraamwerk aangeneem, met die doel om die plan binne 'n maand te finaliseer en die projek binne 18 maande te voltooi. Die Namibië Inkomste-agentskapskommissaris Sam Shivute en Zambië se permanente handelsekretaris…
7 Jun 2AM 1 min

Haaie durf Bulle aan met nuwe slotpaar

Rugby: Die Haaie draf vandag op die veld sonder hulle twee kragreuse, Eben Etzebeth en Jason Jenkins wat albei beseer is. Dit beteken hulle speel hulle halfeindstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap op Loftus Versfeld met Corné Rahl en Emile van Heerden as slotpaar. Die kaptein van die Haaie, Siya Kolisi,…
7 Jun 2AM 1 min

Copps 94.1-span staan roofslagoffers by

Die Copps 94.1-span het ‘n stil Vrydagaand gehad, maar dat jongmense nie veilig kan uitgaan in die hoofstad nie is onderstreep. Francois Lottering was midde-in die aksie en doen verslag:
6 Jun 11PM 1 min