
Afskeiding van Zambezi: UDF is verban, en laat Muyongo dan terugkeer
Loading player...
Die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu, het nie veel kommer oor die eise van die United Democratic Party dat die regering die streek onmiddellik ontruim. Die party, onder leierskap van Mishake Muyongo, het op 2 Augustus 1999 'n onsuksesvolle poging geloods om die streek van Namibië af te skei. Die party is al in 2006 verban en Muyongo is in banneling in Denemarke nadat hy Namibië reeds in 1998 verlaat het. Sampofu het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.