
Bemarkingseisoen vir witmielies begin
Loading player...
Die mielie-oesseisoen het op 5 Mei begin en die Namibië Akkerbouraad het 'n bogemiddelde 2025 bemarkingsseisoen voorspel. In sy jongste vooruitskouing sê die raad die oes sal sowat 70 000 ton beloop, 103 persent hoër as verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Loide Uahengo, die raad se bestuurder van akkerbou-ontwikkeling, wat 'n opdatering gee van die seisoen tot op hede.