
Dank Batohi af, vra ActionSA
Loading player...
ActionSA vra dat die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, afgedank en ʼn volledige parlementêre ondersoek na die Nasionale Vervolgingsgesag se mislukte vervolgings ingestel word. Die party sê die NVG se diepliggende wanfunksionering is weer ontbloot met die onwettige en onregmatige hantering van die uitlewering van Moroadi Cholota, Ace Magashule se gewese assistent. Matthew George van ActionSA sê onder Batohi se leierskap struikel die NVG van een skandaal na die volgende: