
Ons kan versigtig optimisties wees oor die rand-dollar wisselkoers
Loading player...
Die langtermynvooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese dollar, teenoor die Amerikaanse dollar bly versigtig optimisties. Analiste verwag die moontlikheid van een laaste fase van swakheid voor 'n moontlike ommekeer. Ten spyte van huidige druk, is die oortuiging dat die rand 'n verrassende en positiewe prestasie oor die langer termyn kan lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gepraat.