
Etosha se grens is kritiek vir bewaring, boerdery
Loading player...
Omgewingsminister Indileni Daniel het onlangs verwys na 388 stuks vee wat tussen 2019 en 2024 deur roofdiere gevang is in bewareas wat aan die Etosha Nasionale Park grens. Sy het ook gesê die opknapping van Etosha se grensdraad moet teen 2030 voltooi wees. Werk aan die 824 kilometer lange heining is in 2012 begin en nog net 185 kilometer is voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Helmke von Bach, 'n landbou-ekonoom by Unam, wat die belangrikheid van die grensdraad onderstreep.