Gelukwensinge stroom steeds in vir die Namibiese internasionale sokkerspeler Peter Shalulile. Shalulile, 'n doelskieter vir Mamelodi Sundowns, het Suid-Afrikaanse sokkergeskiedenis gemaak deur Saterdag sy 130ste doel aan te teken, die meeste ooit in die Premierliga. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die voormalige hoofafrigter van die Brave Warriors,…
Die Namibiese regering nooi plaaslike firmas uit om aansoek te doen vir belastingvrye invoere van geselekteerde suiwel- en koringprodukte. Dit is deel van 'n poging om voedselkoste te verlaag en besighede te ondersteun onder 'n spesiale tariefkwotastelsel. Kosmos 94.1 Nuus het met Regina Valombola, 'n skakelspesialis by die ministerie van…
Namibië het vyf medaljes by die Afrika-Unie Sportraad Streek 5-veerpyltjietoernooi, wat die afgelope naweek in Zimbabwe gehou is, verower. Die land is verteenwoordig deur 'n span van agt spelers - vier meisies en vier seuns. Kosmos 94.1 Nuus het met Ludwig Ralph, president van die Namibiese Veerpyltjiefederasie, gesels oor die…
Namibië se ekonomie is onder druk. Kenners waarsku dat 'n kombinasie van hoë belasting op 'n klein groepie individue, 3,8 persent van die werkende bevolking, en lae lone vir die meerderheid ekonomiese groei kan vertraag. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Josef Sheehama gepraat, wat gewaarsku het dat hoë…
Die Teenkorrupsie-kommissie het die privaatsektor versoek om groter verantwoordelikheid te neem om deursigtigheid en verantwoordbaarheid in hul handelinge te bevorder, veral in regeringskontrakte. Die kommissie het opgemerk dat baie van die klagtes wat hy ontvang, verband hou met verkrygings- en tenderprosesse, waar privaat entiteite dikwels as diensverskaffers aan die regering…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.