Ekonomie onder druk weens belasting op minderheid, lae lone

Loading player...
Namibië se ekonomie is onder druk. Kenners waarsku dat 'n kombinasie van hoë belasting op 'n klein groepie individue, 3,8 persent van die werkende bevolking, en lae lone vir die meerderheid ekonomiese groei kan vertraag. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Josef Sheehama gepraat, wat gewaarsku het dat hoë belasting en lae lone groei versmoor, verbruikersbesteding verminder en sakebeleggings vertraag.
1 Sep 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gaza: Namibië kan nie op kantlyn bly, sê kenner

Te midde van oproepe dat die regering meer daadwerklik moet optree teen Israel weens die humanitêre krisis in Gaza, sê die vooraanstaande politieke ontleder Ndumba Kamwanyah dat Namibië beide 'n wetlike verpligting en 'n morele verantwoordelikheid het om dit te doen. Hy sê as 'n ondertekenaar van talle internasionale menseregte-instrumente…
4 Sep 6AM 1 min

Internasionale dinkskrum oor finansiële insluiting open op Swakop

Die 2025 Alliance for Financial Inclusion Global Policy Forum het vandag amptelik in Swakopmund geopen en meer as 800 afgevaardigdes van regoor die wêreld bymekaargebring. Sentrale banke, finansiële reguleerders, beleidmakers en tegnologie-innoveerders het byeengekom om die toekoms van finansiële insluiting te vorm. Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes…
4 Sep 6AM 1 min

Uraan, diamante dryf uitvoere in Julie

Mynbou oorheers steeds Namibië se uitvoere. Nuwe syfers van die Namibiese Statistiekagentskap toon dat uraan, diamante en koper in Julie boaan die uitvoerlys was, met vis as die enigste nie-minerale produk onder die groot vyf. Intussen is invoere gelei deur brandstof en voertuie, en heruitvoere het 'n merkbare hupstoot gesien…
4 Sep 6AM 1 min

Gholf: Sonskyntoer-glorie wink vir De Villiers

Jacques de Villiers van Suid-Afrika het 'n openingsronde van 63 geslaan om die voortou te neem saam met Joe Knox van Engeland op sewe onder baansyfer in die Sonskyntoer se Sunbet Challenge by die Wild Coast Sun-buiteklub in Port Edward. Albert Venter is twee houe agter die voorlopers en hulle…
4 Sep 5AM 1 min

SA diereliefhebbers besorgd oor uitvoer van diere per boot

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings sê hy het 'n gedetailleerde voorlegging ingedien teen die voorgestelde regulasies vir die uitvoer van lewende diere per see. Die departement van landbou het die regulasies in Julie vir openbare kommentaar gepubliseer. Nazareth Appalsamy van die nasionale raad sê daar is geen verpligte embargo in…
4 Sep 5AM 1 min