
'Hardwerkende' Shalulile verdien sy doelskiet-prestasie
Loading player...
Gelukwensinge stroom steeds in vir die Namibiese internasionale sokkerspeler Peter Shalulile. Shalulile, 'n doelskieter vir Mamelodi Sundowns, het Suid-Afrikaanse sokkergeskiedenis gemaak deur Saterdag sy 130ste doel aan te teken, die meeste ooit in die Premierliga. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die voormalige hoofafrigter van die Brave Warriors, Ricardo Mannetti, Shalulile as 'n hardwerkende en produktiewe speler beskryf.