Moskou het Amerikaanse president Donald Trump se vredesinisiatief vir Oekraïne Donderdag in wanorde gedompel en daarop aangedring dat dit 'n vetoreg moet hê oor enige na-oorlogse steun vir die land. Rusland se buitelandse sake-minister, Sergei Lavrov, sê Europese voorstelle om troepe in Oekraïne te ontplooi na 'n skikking sou neerkom…
Die losvoorspeler, Jean-Luc du Preez, sê hy sien uit daarna om alles uit te haal in sy eerste begin-opdraf in sewe jaar vir die Springbokke in môre se Rugbykampioenskap-kragmeting teen Australië in Kaapstad. Die 30-jarige Du Preez staan agter in die skrum in vir die beseerde Siya Kolisi saam met…
Die 2025 Namibia Genetics-veiling, wat Dinsdag by die Bank Windhoek Agra Ring in Windhoek gehou is, het uitstekende pryse behaal. Die geleentheid, geborg deur Bank Windhoek en aangebied in vennootskap met Agra Veilings, wat ook aanlyn uitgesaai is, het die verkoop van 92 beeste van 14 telers gesien. Daar is…
Die DA vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, moet afgedank word omdat sy die hoof van die Weermag, Rudzani Maphwanya, verdedig na sy ongemagtigde diplomasie in Iran. Woordvoerder Chris Hattingh sê Motshekga het burgerlike oorsig oor die Weermag ondermyn deur sy wangedrag goed te keur nadat…
President Cyril Ramaphosa vra groter belegging in seksuele en reproduktiewe gesondheidsregte, en waarsku teen terugslae wat vroue, kinders en die jeug bedreig. Hy het op die negende Internasionale Beraad oor Afrika-ontwikkeling in Tokio, Japan, beklemtoon dat sterk gesondheidstelsels uiters belangrik is om lewens te red en langtermyn ontwikkeling te ondersteun…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.