
Britse Lionesses haal eindstryd
Loading player...
Die verdedigende kampioen in die Europese Vroue-kampioenskap, Engeland, het na die eindstryd deurgedring toe hulle Italië in Switserland met 2-1 geklop het. Italië het lank voorgeloop ná 'n doel deur Barbara Bonansea, maar 'n laat doel deur Michelle Agyemang het hulle ná ekstra tyd gelyk-op geplaas. Die plaasvervanger Chloe Kelly het die beslissende doel in die 119de minuut aangeteken om vir die Lionesses 'n derde agtereenvolgende eindstryd te besorg. Engeland kom Sondag in die eindstryd teen óf Spanje óf Duitsland te staan. Kelly sê dit is ongelooflik om nóg 'n eindstryd te haal: