Nigerië gooi Banyana uit in Marokko

Loading player...
Die verdedigende kampioene, Banyana Banyana, het ʼn 2-1-nederlaag teen Nigerië gely by die Afrikabeker-vrouetoernooi in Marokko. Rasheedat Ajibade het in die eerste helfte die Super Falcons met ʼn strafskop ʼn voorsprong gegee. Linda Motlhalo van Suid-Afrika het die telling in die tweede helfte gelykop gemaak, maar Michelle Alozie het in ekstra tyd vir die wendoel gesorg. Nigerië en Marokko takel mekaar in die eindwedstryd. Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê sy is trots op haar span:
23 Jul 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sal Trump vir Putin straf of is dit net wind?

Moskou het Amerikaanse president Donald Trump se vredesinisiatief vir Oekraïne Donderdag in wanorde gedompel en daarop aangedring dat dit 'n vetoreg moet hê oor enige na-oorlogse steun vir die land. Rusland se buitelandse sake-minister, Sergei Lavrov, sê Europese voorstelle om troepe in Oekraïne te ontplooi na 'n skikking sou neerkom…
22 Aug 3AM 1 min

Jean-Luc sal alles môre gee

Die losvoorspeler, Jean-Luc du Preez, sê hy sien uit daarna om alles uit te haal in sy eerste begin-opdraf in sewe jaar vir die Springbokke in môre se Rugbykampioenskap-kragmeting teen Australië in Kaapstad. Die 30-jarige Du Preez staan agter in die skrum in vir die beseerde Siya Kolisi saam met…
22 Aug 3AM 1 min

Uiters goeie pryse by Namibia Genetics-veiling behaal

Die 2025 Namibia Genetics-veiling, wat Dinsdag by die Bank Windhoek Agra Ring in Windhoek gehou is, het uitstekende pryse behaal. Die geleentheid, geborg deur Bank Windhoek en aangebied in vennootskap met Agra Veilings, wat ook aanlyn uitgesaai is, het die verkoop van 92 beeste van 14 telers gesien. Daar is…
22 Aug 2AM 1 min

DA eis Motshekga se afdanking

Die DA vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, moet afgedank word omdat sy die hoof van die Weermag, Rudzani Maphwanya, verdedig na sy ongemagtigde diplomasie in Iran. Woordvoerder Chris Hattingh sê Motshekga het burgerlike oorsig oor die Weermag ondermyn deur sy wangedrag goed te keur nadat…
22 Aug 2AM 1 min

Cyril vra meer beleggings in sekseule, reproduktiewe gesondheidsregte

President Cyril Ramaphosa vra groter belegging in seksuele en reproduktiewe gesondheidsregte, en waarsku teen terugslae wat vroue, kinders en die jeug bedreig. Hy het op die negende Internasionale Beraad oor Afrika-ontwikkeling in Tokio, Japan, beklemtoon dat sterk gesondheidstelsels uiters belangrik is om lewens te red en langtermyn ontwikkeling te ondersteun…
22 Aug 1AM 1 min