
RMB Brandberg Backyard Ultra vorder... nog baie loepe oor
Loading player...
Die Brandberg Backyard Ultra, aangebied deur Namibia Ultra Trails, is in volle swang na dit agt-uut vanoggend afgeskop het op Uis. Atlete moet uurliks ‘n loep van 6,7 kilometer voltooi en stelselmatig val hulle uit tot die laaste loep alleen voltooi is – dan is die ultra-marathon voltooi. Kosmos 94.1 se Francois Lottering is daar en het met Nico Scholtz van Namibia Ultra Trails gepraat.