
Is Suid-Afrika in ’n grondontleding- en interpretasiekrisis?
Loading player...
Grondontledings word gebruik as basis van bemestingsaanbevelings daarom is dit uiters belangrik dat die inligting wat daaruit kom korrek is. Die vraag is of boere finansieel sal baat met die konvensionele ekstraksiemetodes, oftewel “uitwasmiddels” as basis van bemestingsvoorstelle, of eerder met Mehlich-3 en wat is die slaggate. In hierdie episode van ‘Wat ’n boer moet weet’ gesels dr. Chris Schmidt, senior landboukundige, met Landbouweekblad se hoofredakteur Chris Burgess daaroor.