
Illinois nader hof om Nasionale Wag uit Chicago te kry
Loading player...
Die Amerikaanse staat Illinois het 'n regsgeding aanhangig gemaak in 'n poging om die Trump-administrasie te keer om gefederaliseerde Nasionale Garde-troepe op die strate van Chicago te ontplooi. Die Illinois prokureur-generaal sê in hofstukke Amerikaners behoort nie onder die bedreiging van okkupasie deur die Amerikaanse weermag te leef nie, net omdat hul stad of staat se leierskap in onguns by 'n president verval het nie. Illinois se goewerneur, JB Pritzker, het aan Chicago se WGN News gesê die ontplooiing is onwettig.

