
Nanso reageer op haglike koshuis video
Loading player...
'n Video sirkuleer op sosiale media wat die vervalle toestand van die !Oe#Gab Laerskool in die Erongo-streek illustreer. Twee-honderd-nege-en-sewentig leerlinge was Vrydag huis toe gestuur weens 'n sanitasiekrisis by die skool. Sestien leerlinge is met erge diarree en braking in die Usakos Staatshospitaal opgeneem. Een van hulle is in 'n kritieke toestand en die res is reeds ontslaan. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by Dorthea Nangolo, die president van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso.

