Strafhof hoor saak aan oor werkers se reg om te staak

Loading player...
Die vakverbond Cosatu het die Internasionale Strafhof se saak verwelkom oor werkers se onvervreembare reg om te staak. Die Strafhof het gister met 'n verhoor begin om te bepaal of die reg om te staak deur internasionale reg beskerm word. Dit is die eerste keer dat die wêreld se hoogste hof gevra is om 'n mening te gee oor die balans tussen die regte van werkers en die belange van werkgewers. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê die saak is deur die Internasionale Arbeidsorganisasie aanhangig gemaak:
7 Oct 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Midde-Ooste konflik kan inflasie, kredierverlening beïnvloed

Privaatsektor kredietverleningsyfers is vandeesweek bekendgestel. Die geleidelike verlangsaming in Desember 2025 is in Januarie voortgesit en tot 4,2 persent jaar-op-jaar gedaal, vanaf 4,4 persent in Desember. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm ekonoom Almandro Jansen gepraat. Hy gee die vooruitsigte vir huishoudings en ook hoe dit kan verander weens…
4 Mar 9AM 1 min

BOSA vra einde aan taalongelykheid in skole

BOSA het tydens 'n debat oor Internasionale Moedertaaldag die parlement gevra om aandag te skenk aan taalongelykheid in skole. Die party se woordvoerder, Roger Solomons, sê die meeste leerders word in Engels onderrig, al praat min van hulle dit by die huis. Hy sê die bevindings van die 2030 Leespaneel…
4 Mar 8AM 1 min

GOOD-party se Dickson sal Kaapstad-begroting monitor

Die GOOD-party het Sandra Dickson gevoeg as raadslid in sy Koukus van Aktiviste in die Stad Kaapstad. Sy vervang Anton Louw, wat bedank het om op sy rekeningkundige praktyk te fokus. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Dickson se sterkpunt oor die jare was om fondse noukeurig te monitor, en…
4 Mar 7AM 1 min

Nieu-Seeland kaptein vertrou hulle kan Proteas klop

Krieket: Nieu-Seeland se kaptein, Mitchell Santner, het volle vertroue in sy span se vermoë om Suid-Afrika vandag in Kolkata te klop in die halfeindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi. Die Swartpette het in 2021 die eindstryd gehaal, maar teen Australië vasgeval, en in 2024 nie verder as die groepfase gevorder nie, waar…
4 Mar 7AM 1 min

Giwusa veroordeel styging in brandstofpryse

Die vakbond Giwusa het kommer uitgespreek oor die jongste styging in brandstofpryse. Albei grade petrol kos van vandag 20-sent per liter meer terwyl die dieselprys met tussen 62- en 65-sent gestyg het, afhangend van die swaelinhoud. Giwusa se woordvoerder, Zaki Mamdoo, sê dit gaan ’n onmiddellike en rampspoedige gevolg hê…
4 Mar 5AM 1 min