
LPO lewer kritiek oor verpolitisering van landbou
Loading player...
Die Lewendehawe Produsente Organisasie, die LPO, het meer as 2 miljoen Namibiese dollar bestee om sy vee-uitvoerstatus te beskerm na Job Amupanda se rooilynsaak. LPO-voorsitter Jako van Wyk het hoop uitgespreek dat die probleem nou opgelos is, maar gewaarsku dat die verpolitisering van die landbousektor steeds Namibië se ekonomie benadeel en duisende werksgeleenthede binne die bedryf in gevaar stel. Hy het vanoggend by die opening van die 62ste LPO-kongres in Windhoek gepraat.