Namibië se groeimodel het sy perke bereik

Loading player...
Almandro Jansen, ekonoom van Simonis Storm, waarsku dat Namibië se groeimodel, gedryf deur hulpbronontginning en stygende skuld, sy perke bereik het. Jansen het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê die land moet sy produktiewe basis herbou en lenings in werklike produktiwiteitswinste omskakel. Hy het beleidmakers aangespoor om buitelandse beleggings verder as olie en mynbou te verbreed, en om te fokus op sektore soos hernubare energie, logistiek, vervaardiging, toerisme en landbouverwerking. Jansen het meer.
30 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nog 1,5 miljoen dosisse BKS-entstof kom in SA aan

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die landwye massa-inentingsveldtog teen bek-en-klouseer het begin nadat die besending entstof in die land aangekom en viinnig versprei is. Die eerste groot besending van een-miljoen dosisse entstof van Biogenesis Bagó in Argentinië, het op 21 Februarie in Suid-Afrika aangekom. Steenhuisen sê nóg 1,5-miljoen…
2 Mar 2AM 1 min

Guterres waarsku teen uitbreiding van oorlog

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die Amerikaans-Israeliese aanvalle teen Iran, en Teheran se wraakaanvalle teen talle lande in die Midde-Ooste, hou ’n ernstige bedreiging vir internasionale vrede en veiligheid in. Ongevalle is in Iran, Israel, Dubai, Koeweit, Doha en Bahrein aangemeld. Intussen het drie Amerikaanse soldate tydens…
2 Mar 2AM 1 min

Onseker oor wat Iran se plan is na opperleier se dood

Wêreldwye reaksie stroom in ná berigte dat Iran se opperleier, Ajatollah Ali Khamenei, in gesamentlike aanvalle deur Israel en die VSA dood is, met verskeie regerings wat selfbeheersing aanmoedig midde vrese vir wyer streekskonflik en ekonomiese gevolge. Terwyl die Namibiese presidensie aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig het dat geen amptelike…
2 Mar 1AM 1 min

Macpherson moet Brasilië reiskostes terugbetaal

ActionSA het die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, versoek om 839 000 Suid-Afrikaanse rand terug te betaal wat bestee is aan 'n reis na Brasilië, waarheen hy na bewering sy lewensmaat geneem het ondanks regsadvies daarteen. Malebo Kobe van die party sê die jongste berig deur City…
2 Mar 1AM 1 min

Trump waarsku oor verdere Amerikaanse ongevalle

President Donald Trump sê daar sal waarskynlik nog Amerikaanse ongevalle wees as deel van Operasie Epic Fury in Iran. Drie Amerikaanse soldate is tydens die operasie dood en vyf ander is ernstig gewond. Iran se opperleier Ali Khamenei is Saterdag in gesamentlike aanvalle deur Amerika en Israel dood. Iran het…
2 Mar 12AM 1 min