GRN doen min vir basiese menseregte

Loading player...
Reaksie is ontvang op die nuus dat 40 persent van die land se huishoudings, meer as 756 000, geen toilette het nie en steeds in die veld ontlas. Die situasie is die ergste in landelike gebiede en informele nedersettings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa, wat sê die regering doen min aan basiese menseregte en daar's nie koördinasie tussen ministeries en plaaslike owerhede nie.
30 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nog 1,5 miljoen dosisse BKS-entstof kom in SA aan

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die landwye massa-inentingsveldtog teen bek-en-klouseer het begin nadat die besending entstof in die land aangekom en viinnig versprei is. Die eerste groot besending van een-miljoen dosisse entstof van Biogenesis Bagó in Argentinië, het op 21 Februarie in Suid-Afrika aangekom. Steenhuisen sê nóg 1,5-miljoen…
2 Mar 2AM 1 min

Guterres waarsku teen uitbreiding van oorlog

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die Amerikaans-Israeliese aanvalle teen Iran, en Teheran se wraakaanvalle teen talle lande in die Midde-Ooste, hou ’n ernstige bedreiging vir internasionale vrede en veiligheid in. Ongevalle is in Iran, Israel, Dubai, Koeweit, Doha en Bahrein aangemeld. Intussen het drie Amerikaanse soldate tydens…
2 Mar 2AM 1 min

Onseker oor wat Iran se plan is na opperleier se dood

Wêreldwye reaksie stroom in ná berigte dat Iran se opperleier, Ajatollah Ali Khamenei, in gesamentlike aanvalle deur Israel en die VSA dood is, met verskeie regerings wat selfbeheersing aanmoedig midde vrese vir wyer streekskonflik en ekonomiese gevolge. Terwyl die Namibiese presidensie aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig het dat geen amptelike…
2 Mar 1AM 1 min

Macpherson moet Brasilië reiskostes terugbetaal

ActionSA het die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, versoek om 839 000 Suid-Afrikaanse rand terug te betaal wat bestee is aan 'n reis na Brasilië, waarheen hy na bewering sy lewensmaat geneem het ondanks regsadvies daarteen. Malebo Kobe van die party sê die jongste berig deur City…
2 Mar 1AM 1 min

Trump waarsku oor verdere Amerikaanse ongevalle

President Donald Trump sê daar sal waarskynlik nog Amerikaanse ongevalle wees as deel van Operasie Epic Fury in Iran. Drie Amerikaanse soldate is tydens die operasie dood en vyf ander is ernstig gewond. Iran se opperleier Ali Khamenei is Saterdag in gesamentlike aanvalle deur Amerika en Israel dood. Iran het…
2 Mar 12AM 1 min