
Landboumark Voorslag: Episode 6 - Putter Geologiese Dienste
Loading player...
In Episode 6 van Landboumark Voorslag maak ons kennis met Frans Putter van Putter Geologiese Dienste, ՚n hidrogeoloog wat boere geld spaar deur eerlik te sê wat die wetenskap wys, al beteken dit geen nuwe boorgat nie. Landboumark Voorslag word aangebied deur Elzette Boucher-Krüger. Nuwe episodes word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan jou gebring deur Landboumark, Landbouweekblad se digitale snuffelgids. Plaas vandag self jou eie advertensie en laat die mark na jóú toe kom. Besoek mark.landbou.com.





