
Reach For Recovery vrywilligers stap die pad saam met pasiënte uit hul eie ondervinding met borskanker
Loading player...
Die besondere focus van Reach For Recovery is op dienslewering ná diagnose en behandeling, so wel as op oorlewing. Opgeleide vrywilligers besoek pasiënte in die hospitaal, hetsy voor of na die operasie. Emosionele en praktiese ondersteuning word op hierdie tydstip en indien nodig, op enige latere stadium verskaf. Pasiënte word voorsien van ’n boekie en pamflette wat handel oor verskeie onderwerpe wat relevant is vir borskankerpasiënte. Pasiënte ontvang ’n sagte prostese (tydelike borsvorm), ’n kussing vir gemak onder die arm en ’n sak vir die port-au-vac drein. Nasionale Bestuurder van Reach For Recovery, Stephanie van Deventer sluit by Yolanda Maartens aan tydens Pinktober om te gesels oor dit wat hul die fondse voor aanwend wat gedurende OFM se Bowling for Boobies geleenthede ingesamel word. Raak gerus betrokke by reach4recovery.org.za

