
Dinsdag, 29 September 2026
Loading player...
In jou finansiële nuus vanoggend: Die plaaslike indeks van die Namibiese Effektebeurs het Maandag 'n bul van 'n dag gehad met al die bankgroepe wie se aandeelpryse rekordhoogtes bereik het. Deon Gous, ontleder by Cirrus Capital, verduidelik wat dié stormloop veroorsaak het. En: NamBrew se tussentydse resultate het baie van sy skop verloor, met flou uitvoere oorkant die Oranje wat grootliks vir die na-dors verantwoordelik was.

