Woensdag, 7 Oktober 2026

Loading player...
In jou finansiële nuus vanoggend: Diamante is lankal nie meer die uitblinker in die Namibiese ekonomie nie. Eerste minister Elijah Ngurare sê die regering doen alles in sy vermoë om die sektor te red. En die konstruksiebedryf is in hul noppies oor 'n hofuitspraak wat 'n stokkie voor die samesmelting van sementreuse steek. KosmosKapitaal gesels met uitvoerende hoof van die Federasie vir die Konstruksiebedryf in Namibië, Bärbel Kirchner.
6 Oct 11PM English Namibia Business · Investing

Other recent episodes

Vrydag, 23 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die hersiende mediumtermynbegroting is groot nuus en vanoggend loer ons na die syfers in 'n neutedop. Ook in die nuus: Die konstruksiebedryf is ontstoke oor werkeminister Veikko Nekundi wat hul kapasiteit onderskat.
23 Oct 12AM 3 min

Donderdag, 22 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Duur brandstof, stygende inflasie, belastinginkomste wat onder druk is en bek-en-klouseer is groot uitdagings wat finansminister Ericah Shafudah in haar hersiene mediumtermynbegroting moet takel, wat sy vanmiddag in die parlement indien. KosmosKapitaal praat met Cirrus Capital-ontleder Pandu Shaduka oor hul verwagtinge.
22 Oct 12AM 3 min

Woensdag, 21 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Bek-en-klouseer, stygende inflasie en wie weet, dalk Namibia Air - die stoom draai behoorlik uit finansminister Ericah Shafudah se sompompie vir haar hersiene mediumtermynbegroting wat Donderdagmiddag ingedien word. In ander KosmosKapitaal-nuus: Die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging sê dis niks persoonlik nie, maar hulle is gekant teen invoere…
21 Oct 12AM 2 min

Dinsdag, 20 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Toerisme is in 4x4 en veral luukse bestemmings is besig om die sektor terug op die spoor te kry. Ons berig ook hoe die jagbedryf in Suid-Afrika die bek-en-klouseerstryd takel en ReconAfrica boor weer volstoom in die Kavango-bekken in die Noorde.
20 Oct 12AM 2 min

Maandag, 19 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Vetumbuavi Mungunda, sê maniere gaan gevind moet word om besighede te ondersteun wat deur die bek-en-klouseer-uitbreking in die land geraak word. En: Prof. Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool waarsku dat huishoudings nog tot minstens…
19 Oct 12AM 3 min