
DA: Werkloosheid beklemtoon nood aan goeie plaaslike regering
Loading player...
Die DA sê Suid-Afrika se jongste syfers oor indiensneming is nog ’n herinnering aan die enorme taak wat voorlê, en die belangrikheid van die uitslag van verlede week se plaaslikeregeringsverkiesing. Die amptelike werkloosheidskoers het in die derde kwartaal van vanjaar met 0,1-persentasiepunt tot 33,7-persent gestyg. Volgens die Kwartaallikse Arbeidsmagopname het die aantal werklose mense 8,6-miljoen bereik. Die DA se nasionale woordvoerder, Jan de Villiers, sê daar is, vergeleke met ’n jaar gelede, 215-duisend minder mense in die land in diens:

