
Cosatu eis optrede oor SA se 44%-werkloosheidskoers
Loading player...
Die vakbondfederasie Cosatu doen 'n beroep op dringende en besliste optrede om die verslegtende werkloosheidskrisis die hoof te bied. Dit volg op die jongste syfers van Statistiek Suid-Afrika, wat toon die uitgebreide werkloosheidskoers het tussen Julie en September tot 44-persent gestyg. Matthew Parks van die federasie sê werkskepping in sektore soos finansies, vervaardiging en mynbou is nie voldoende om nuwe toetreders tot die arbeidsmark op te neem nie:

