
Rugby: Jones verwag nuwe taktiese verrassings van Frankryk
Loading player...
Die Springbok-hulpafrigter Felix Jones sê hulle verwag ʼn onvoorspelbare, nuwe taktiese element van Frankryk in Vrydagaand se Nasieskampioenskap-kragmeting op die Stade de France. Ná Suid-Afrika se naelskraapse oorwinning in die 2023 Wêreldbeker-kwarteindronde en ʼn 32-17-oorwinning op dieselfde stadion verlede jaar, erken Jones dat Les Bleus waarskynlik wil wraak neem. Hy voeg egter by dat hulle gereed is vir ʼn intense, fisiese stryd op die veld:

