Taxipryse bly voorlopig op N$15

Loading player...
Taxi- en buspassasiers hoef nie binnekort vir hoër tariewe te begroot nie. Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging sê daar is geen onmiddellike plan om tariewe te verhoog nie, ondanks oproepe deur sommige bestuurders vir ’n verhoging van 10 persent weens stygende brandstof- en bedryfskoste. Taxitariewe bly op 15 Namibiese dollar, ná die vorige verhoging van 15 persent wat in Mei vanjaar in werking getree het. Verenigingsvoorsitter Pendapala Nakathingo sê hoewel bestuurders finansiële druk ervaar, bepleit die vereniging nie tans ’n verdere verhoging nie.
11 Nov 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Desember kan groot brandstofprysverligting bring

Voertuig-eienaars kan moontlik 'n skerp daling in brandstofpryse verwag in Desember, gedryf deur dalende wêreldwye ru-oliepryse en 'n versterkende Suid-Afrikaanse rand. Ekonoom Dawie Klopper sê die prys van Brent-ru-olie weerspieël na die Amerikaanse verkiesing uiteindelik ware vraag-en-aanbod-dinamika. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
11 Nov 5AM 1 min

Rugby: Jones verwag nuwe taktiese verrassings van Frankryk

Die Springbok-hulpafrigter Felix Jones sê hulle verwag ʼn onvoorspelbare, nuwe taktiese element van Frankryk in Vrydagaand se Nasieskampioenskap-kragmeting op die Stade de France. Ná Suid-Afrika se naelskraapse oorwinning in die 2023 Wêreldbeker-kwarteindronde en ʼn 32-17-oorwinning op dieselfde stadion verlede jaar, erken Jones dat Les Bleus waarskynlik wil wraak neem. Hy…
11 Nov 4AM 1 min

Namibië bak weer onder hoë temperature

Warm tot baie warm toestande sal na verwagting voortduur, met temperature wat in dele van Kunene, Erongo, Khomas en Zambezi tot sowat 36 grade kan bereik. En hoewel die hitte oorheers, is daar 'n kans op enkele geïsoleerde middag-donderbuie en ligte reën. Albertina Anderson van die weerdiens vertel ons wat…
11 Nov 4AM 1 min

DA: Werkloosheid beklemtoon nood aan goeie plaaslike regering  

Die DA sê Suid-Afrika se jongste syfers oor indiensneming is nog ’n herinnering aan die enorme taak wat voorlê, en die belangrikheid van die uitslag van verlede week se plaaslikeregeringsverkiesing. Die amptelike werkloosheidskoers het in die derde kwartaal van vanjaar met 0,1-persentasiepunt tot 33,7-persent gestyg. Volgens die Kwartaallikse Arbeidsmagopname het…
11 Nov 4AM 1 min

Iipumbu: Buitelandse dwelmverdagtes volg dieselfde regsproses  

Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu sê dat buitelandse burgers wat in Namibië op aanklagte van dwelmhandel in hegtenis geneem word, dieselfde regsproses as enige ander verdagte deurgaan. Sy het dit in die parlement gesê en verduidelik dat immigrasiebeamptes eers ná afloop van die strafregtelike proses optree om die persoon se immigrasiestatus…
11 Nov 4AM 1 min