
Kom hou veilig vakansie in Swakopmund
Loading player...
Die Swakopmund-munisipaliteit doen ’n beroep op vakansiegangers om ekstra versigtig te wees gedurende die feesseisoen. Die munisipaliteit waarsku teen verhoogde padrisiko’s en swendelary met verblyfbesprekings, met groot getalle besoekers wat in die kusdorp verwag word. Die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die doel is om te verseker dat almal wat Swakopmund besoek, ’n veilige, rustige en onvergeetlike vakansie geniet.

