SA se Auf de Heyde gaan ook Infatino uitdaag

Loading player...
Sokker: Die Suid-Afrikaanse joernalis en dosent Peter Auf de Heyde gaan Gianni Infantino ook uitdaag om FIFA se presidentskap. Die 65-jarige was president van Grahamstad se Sokkervereniging en het UDW FC in die vroeë 1990's besit en bestuur. Die erepresident van Japan se sokkervereniging, Kozo Tashima, en Tottenham Hotspur en Switserland se gewese verdediger, Ramon Vega, staan ook in Maart se verkiesing. Auf de Heyde het aan BBC gesê hy het drie fokusgebiede:
12 Nov 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

HyIron en Mercedes-Benz ondersoek groenstaalproduksie in Namibië

Namibië se ambisie om 'n rolspeler in die wêreldwye groenstaalbedryf te word, kry verdere momentum deur 'n nuwe vennootskap tussen die Duits-Namibiese maatskappy HyIron en Mercedes-Benz. Die twee maatskappye het 'n ooreenkoms onderteken om die industriële produksie van laekoolstof-yster met behulp van groen waterstof te ondersoek. Volgens Jona Musheko, woordvoerder…
12 Nov 11PM 1 min

Behuising: Voorgestelde projek teiken 50 260 nuwe erwe

Windhoek kan moontlik ’n nuwe woonbuurt in sy noordelike buitewyke kry, met die voorgestelde Monte Christo-ontwikkeling wat 50 260 residensiële erwe kan oplewer. Die projek kom te midde van Namibië se groeiende behuisingstekort en die regering se teiken om binne vyf jaar 50 000 huise te bou. Die ontwikkeling, waarby…
12 Nov 11PM 1 min

El Niño: Namibië kan 'n uitdagende reënseisoen in die gesig staar

Namibië kan in die komende reënseisoen ondergemiddelde reënval en bogemiddelde temperature verwag, namate El Niño in die Stille Oseaan versterk. Seisoenale vooruitskattings dui daarop dat dié toestande tussen Oktober en Maart 2027 oor die grootste deel van die land kan voorkom. Dit kan verdere druk op boere, veeboere en gemeenskappe…
12 Nov 11PM 1 min

Mynbouproduksie daal met 10,7% in September in SA

Statistiek Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in September met 10,7-persent gedaal vergeleke met 'n jaar gelede. Die afname is hoofsaaklik veroorsaak deur laer produksie van ystererts, steenkool, platinumgroepmetale en diamante. Mynbouproduksie is egter 2,8-persent meer as in Augustus. Juan-Pierre Terblanche van StatsSA sê die verkoop van minerale het gedaal met 4,1-persent…
12 Nov 11PM 1 min

Lutuhezi steun belastingwysigings, pleit vir beskerming van klein ondernemings

IPC-parlementslid Lilian Lutuhezi het die Wysigingswetsontwerp op Inkomstebelasting van 2025 in die parlement gesteun. Sy sê egter die nuwe wetgewing moet prakties en maklik verstaanbaar wees vir gewone burgers. Dit sluit klein sake-eienaars, soos kapana-verkopers, bestel-by-my verkopers en ander klein ondernemings in. Die wetsontwerp beoog onder meer om ’n onafhanklike…
12 Nov 10PM 1 min