Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers van môre af tot sewe-persent verlaag, net ure voor Amerikaanse president Donald Trump se verwagte aankondiging van 'n tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse goedere. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het verswakkende sake- en verbruikersvertroue met inflasie op drie-persent as redes aangegee. Alhoewel…
Die Congress of the People het 'n insident in die gesondheids-ombud se verslag veroordeel, wat aandui dat drie psigiatriese pasiënte dood is na 'n jaarlange kragonderbreking by 'n fasiliteit, met sommige pasiënte wat na bewering verkluim het. Pakes Dikgetsi van COPE blameer verwaarlosing, korrupsie en mislukte leierskap vir die tragedie…
Die Afrika-kontinentale Vryhandelsgebied kan help om handel uit te brei en ontluikende ekonomieë teen globale onsekerheid te beskerm. Die streeks-koördinerings- en programdirekteur, Tsotetsi Makong, het op die Handel- en Nywerheidsbeleid-strategieforum verwys na die 3,6-miljard Namibiese dollar se verlies wat Lesotho as gevolg van die Amerikaanse invoertariewe van 50-persent gely het…
Die Keetmanshoop Munisipaliteit het 75 miljoen Namibiese dollar se skuld van meer as 600 senior burgers, werkloses en mense met gestremdhede afgeskryf. Monica Imene, die munisipaliteit se woordvoerder, sê die inisiatief het gevolg op 'n openbare oproep vir sulke aansoeke in Mei en Junie. Die meeste aansoekers het aan die…
Die oorlog in Gaza is volgens kenners totaal en al wanbestuur met geen duidelike plan verby die eintlike aanvalle en vyandighede nie. Anshell Pfeffer, ‘n joernalis vir The Economist gesetel in Israel, het met Britse media gepraat.
Vier groot federasies, Cosatu, Saftu, Fedusa en Nactu, sê die Trump-era se handelsoorlog ontbloot die gevolge van tariewe wat as wapens gebruik word. Suid-Afrika is een van talle lande wat hoë Amerikaanse tariewe verwag terwyl dié land sy eie vervaardigers en arbeidsmag probeer beskerm. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die antwoord…
Lesotho, waar Amerikaanse president Donald Trump se gholfhemde gemaak word al het hy gesê niemand het al van die land gehoor nie, steier onder Amerikaanse hulpbesnoeiings en tariewe op uitvoere. Die regering het reeds 'n noodtoestand oor werkloosheid verklaar na duisende tekstiel- en fabriekswerkers ontslaan moes word. Sky News se…
Namibië sukkel om alkoholregulasies af te dwing, wat lei tot wydverspreide toegang, skadelike drinkgewoontes en ernstige gesondheidsrisiko's, volgens 'n nuwe WGO-verslag. Die land se alkoholverbruik staan op 12 liter per capita jaarliks, heelwat bo wêreldgemiddeldes. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Ingrid Husselmann, die hoof van die Kantoor van…
Namibiërs hou asem op voordat die brandstofpryse vir Augustus aangekondig word, met moontlike impakte op inflasie, vervoerkoste en algehele lewenskoste. Met wêreldwye olietendense en wisselkoerse wat 'n rol speel, is niks seker op hierdie stadium nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat.
'n Uitbreking van voëlgriep is bevestig by hoenders in Botswana se Chobe-distrik, wat grens aan Namibië se Zambezi-streek. Die hoogs aansteeklike virus affekteer mak en wilde voëls en kan versprei na mense en ander soogdiere. Boere moet verseker dat voëls getoets word en van geldige permitte beskik vir invoere. Kosmos…
Die voormalige president, Jacob Zuma, se prokureur Dali Mpofu, sê Cyril Ramaphosa het ministers bevorder wat in die bevindinge van die Staatskapingkommissie geïmpliseer was. Die Konstitusionele Hof het uitspraak voorbehou in die MK-party se saak waarin Ramaphosa se besluit uitgedaag word om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale…
Amerika sal 25 persent tariewe hef op goedere wat uit Indië ingevoer word, plus 'n ongespesifiseerde boete vir die koop van Russiese olie en wapens, het president Donald Trump aangekondig. Hy het op Truth Social gesê die maatreëls sal op 1 Augustus in werking tree. Trump het later by die…
Britse premier Keir Starmer se aankondiging dat die land 'n Palestynse staat sal erken tensy Israel die humanitêre nagmerrie in Gaza beëindig is steeds in die nuus. Sy Labour-party se baronnes Thangam Debbonaire het aan SkyNews gesê die party betoog al lank vir 'n twee-staat oplossing. Sy sê daar moet…
Die DA sê die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, se voorstel dat die heroorweging van handelsverhoudinge met Amerika onafwendbaar is, is kommerwekkend. Suid-Afrika se handelspan wend ʼn laaste poging aan voor môre se sperdatum waarop tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere na dié land ingestel word. Toby…
Die Namibiese tak van die African Patient Organization Connect, Apoc, is in Windhoek geloods om pasiëntvoorspraak en gesondheidsorghervorming in Suider-Afrika te versterk. Die gesondheidministerie het die belangrikheid van pasiënte se stemme in die vorming van gesondheidstelsels beklemtoon, met Apoc wat daarop gemik is om pasiëntgeleide verandering regoor die streek te…
Die EFF het die Wysigingswetsontwerp op Eskom-skuldverligting verwerp en sê die huidige skuldverligtingsbenadering gee voorkeur aan uitleners eerder as gewone Suid-Afrikaners. Die wetgewing wat gister in die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar is, pas Eskom se skuldverligtingstoekenning vir die 2025/2026-boekjaar aan van 40 miljard Suid-Afrikaanse rand tot 80,2 miljard rand…
Tydens sy streeksrede het die goewerneur van Omusati, Immanuel Shikongo, die vordering wat deur die landbouministerie uitgelig. Hy sêg dat altesaam 14 boorgate geboor is. Hiervan is nege met sonpompe toegerus. Daarbenewens is agt boorgate in Ruacana, Okahao en Onesi gerehabiliteer deur 'n vennootskap met die Gemeenskapsbewaringsfonds.
President Cyril Ramaphosa se prokureur, Kate Hofmeyr, sê die MK-party-saak rakende die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se spesiale verlof moes in die Hooggeregshof gewees het, nie die Konstitusionele Hof nie. Mchunu is op verlof geplaas ná die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi se bewerings van politieke inmenging. Hofmeyr het aan…
Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal in September by die Verenigde Nasies se 80ste Algemene Vergadering die staat Palestina amptelik erken. Dis die derde G7-land wat die aankondiging maak op die hakke van Frankryk en die Verenigde Koninkryk. Carney sê Kanada is lank reeds verbind tot…
31 Jul 1AM
1 min
500 – 520
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.