Cosatu doen 'n beroep op die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om die repokoers met ten minste 25 basispunte tydens sy vergadering vandag te verlaag. Die meeste ekonome voorspel 'n repokoersverlaging as gevolg van inflasie wat bestendig bly. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê alhoewel die inflasiekoers effens gestyg het,…
Twee kouefronte beweeg vandag in oor die Wes-Kaap, en temperature gaan in die suide van Namibië daal. Teen Vrydag word vriespunt plek-plek verwag. Die koue bereik die sentrale dele ook teen Vrydag. Kosmos 94.1 Nuus het met Odillo Kgobetsi van die Windhoek Weerkantoor gepraat vir 'n volledige voorspelling.
Die onseker tariefonderhandelinge tussen Suid-Afrika en Amerika kan beduidende domino-effekte vir Namibië hê. Dit kan ook streekshandelsvloei ontwrig, beleggersvertroue verswak en druk plaas op sleutelsektore wat aan beide markte gekoppel is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Roelof Botha, 'n finansiële adviseur by Optimum Group, wat sê die hele…
Namibië het die wêreld se grootste privaat swartrenoster-reservaat bekendgestel, 'n groot hupstoot vir die beskerming van bedreigde spesies. Die vennootskap tussen Gondwana Collection Namibia, Elephants, Rhino and People Namibia, of te wel ERP, en die omgewingministerie het ten doel om swartrenosters en ander kwesbare spesies weer in hul historiese verspreidingsgebied…
Die MK-party sê burgers is moeg vir duur kommissies van ondersoek wat geen betekenisvolle uitkomste lewer nie en vertroue in die regering skend. Dit volg nadat die Madlanga-kommissie gestig is om bewerings te ondersoek wat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi geopper het oor misdaad, politieke inmenging en korrupsie binne die…
Amerika se Federale Reserwe het rentekoerse weer onveranderd gehou, ondanks druk van president Donald Trump om dit te verlaag. Die besluit, wat algemeen verwag is, het die sentrale bank se belangrikste uitleenkoers op tussen 4,25 persent en 4,5 persent gehou. In 'n ongewone verdeeldheid het twee lede van die raad…
Die G20 se Energie-oordrags-werkgroep in Sun City, Noordwes, is aangespoor om klimaatbefondsing te vermeerder om die energiekrisis te beëindig. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, bepleit dat beloftes verander na gekoördineerde beleggings. Hy vra ook befondsing van transmissie, verspreiding en buigsame opwekking, sowel as ondersteuning vir klein, medium…
Die Trump-administrasie het 'n plan aangekondig om 'n landmerk-bevinding dat kweekhuisgasse skadelik is vir die omgewing, af te skaf. Dit sal die federale regering se vermoë om klimaatsverandering te bekamp, erg aan bande lê. Die 2009-bevel van destydse president Barack Obama, wat bekend staan as die "Bedreigingsbevinding", het die Amerikaanse…
Inwoners van Okahandja beplan 'n protesaksie more om nege-uur oor swak dienslewering en klagtes wat nie aangespreek word nie. Hulle is veral ontsteld oor die verskuiwing na gebiede sonder toegang tot water of elektrisiteit. Hulle spreek ook sterk teenkanting uit teen die teenwoordigheid van RedForce en sê dat hulle nie…
Die T20 Franchise Cricket-toernooi, aangebied by die nuwe FNB-krieketgronde, begin op 1 Augustus. Die top-mansspelers is in vier spanne ingedeel vir die reeks. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië gesels.
Seekoei-getalle neem af in die Kavango-streke en nog ‘n vermeende stroperyvoorval het naby Shamvura-kamp voorgekom. Ten spyte van verskeie ooggetuies, insluitend Namibiese burgers en Suid-Afrikaanse toeriste, en berigte van gesteelde vleis van die karkas, sê gefrustreerde natuurbewaarders dat owerhede min doen terwyl die beskermde spesie steeds uit die streek verdwyn…
Nsfaf het gereageer op berigte dat ‘n lener sê dat hy geswartlys is sonder om verwittig te word en na hy navraag gedoen het by Nsfaf om sy lening terug te betaal. Hy sê hy is ingelig dat sy lening opgespoor moet word. Die fonds het aangekondig dat hy wanbetalers…
Die Suid-Afrikaanse Rietsuikerprodusente-vereniging sê die suikernywerheid kan vanjaar na 'n beter oes uitsien, met 'n verwagte opbrengs van 18-miljoen-ton suikerriet wat 'n verbetering is van die 16-miljoen-ton van verlede jaar. Die organisasie waarsku egter dat die nywerheid steeds kwesbaar is met die vertragings in die verhoging van invoertariewe en 'n…
Shane Tamura, wat Maandag vier mense doodgeskiet het in 'n wolkekrabber in New York, het 'n nota gelaat wat die Nasionale Voetballiga, die NFL, die skuld gee vir 'n breinbesering. Maar, Tamura het nooit professioneel gespeel nie en het nie so besering gehad nie. Die 27-jarige van Las Vegas het…
Die Johannesburgse Metropolisie sê drie verdagtes wat betrokke was by 'n video wat op sosiale media versprei is, is in hegtenis geneem. Die video wys 'n jong seun wat dwelms in 'n bottelnek vir sy ma aansteek, wat hom toe aanmoedig om dit te rook in die teenwoordigheid van ander…
Russiese owerhede het 'n noodtoestand in die noordelike Koeril-eilande afgekondig na die tsoenami wat veroorsaak is deur die massiewe aardbewing van 8,8 naby die Kamtsjatka-skiereiland. Die aardbewing het tot tsoenami-waarskuwings en ontruimings in kusgebiede aan die Stille Oseaan gelei, insluitend in die Filippyne, Indonesië en Japan. 'n Tsoenami-waarskuwing is vir…
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola het bevestig dat Suid-Afrika dringende wêreldwye optrede ondersteun vir 'n twee-staat oplossing vir Palestina en Israel. Lamola het by 'n Verenigde Nasies-vergadering in New York die vernietiging van Gaza veroordeel en gevra vir erkenning van Palestina se staatskap. Lamola sê vrede…
Twee uit drie hongersnood-drumpels is in Gaza bereik wat lei tot laer voedselverbruik en erge wanvoeding. Dit is volgens die jongste Geïntegreerde Voedselsekerheid-faseklassifisering wat deur die Verenigde Nasies ondersteun word. Volgens die IPC is minstens 16 kinders jonger as vyf sedert middel-Julie in Gaza aan hongerverwante oorsake dood. Ross Smith…
Namfisa het konsultasies oor sy Agri-Indeks Versekering-padkaart gefinaliseer en sal dit nou aan die kabinet voorlê vir goedkeuring. Die plan, wat met die ondersteuning van die Wêreldbank ontwikkel is, verbeter landbou-veerkragtigheid en ondersteun nasionale ramprisikobestuursdoelwitte. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond, bestuurder van korporatiewe kommunikasie en verbruikersopvoeding by Namfisa…
30 Jul 6AM
1 min
520 – 540
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.