OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,763 Episodes
900 – 920

PM berig oor skape wat hulle eie vagte afgooi

The Guardian in Brittanje berig oor Britse landbouers wat skape soek wat self verhaar. ‘n Skaap is ontwikkel wat sy eie vag kan afskud, aangesien skaapskeer te duur begin word het en selfs meer kos as wat die wol werd is. Die skape se verharingseienskap het sy oorsprong in die…
31 Aug 2022 4AM 1 min

PM berig oor ‘n nuwe fynboslelie wat in die Wes-Kaap ontdek is

‘n Nuwe Fynboslelie is in die Agulhas Nasionale Park gevind. Die blom is in die Nuwejaarsvleilande ontdek. Dit kan een van die dae op die sogenaamde rooilys van bedreigde plantspesies geklassifiseer word, aangesien die park heelwat bedreigde plante en blomme huisves.
30 Aug 2022 11PM 1 min

Pieter Moller gesels met Jannie Strydom

Pieter Moller gesels by die pas afgelope jaarkongres van Agri Weskaap met die Uitvoerende Hoofbestuurder van die organisasie, Jannie Strydom.
25 Aug 2022 3AM 3 min

PM gesels met Francois Weideman, voorsitter van Koopmansfontein boerevereniging

Francois Weideman is voorstitter van die Koopmansfontein Boerevereniging in die Noord-Kaap. Die boerevereniging het verlede week ‘n boeredag aangebied met die tema “Naspeurbaarheid”. Weideman vertel ook van landboutoestande in die distrik en die uitdagings van die sektor. Hy beklemtoon ook die belangrikheid van georganiseerde landbou en die rol van inligting…
18 Aug 2022 4AM 2 min

Dr Johnny vd Merwe, bekende landbou-ekonoom, gesels oor kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies het gestyg hierdie week. Die oeste lyk goed in die VSA en oefen ‘n groot invloed op pryse uit. Sojabone het ook intussen gestyg . Sonneblompryse en koringpryse het intussen…
17 Aug 2022 2AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week weer verder versterk teenoor die Amerikaanse dollar. Stoorlampryse het weer effens gedaal. Hoenderpryse het verder gedaal. Varkpryse het weer gestabikliseer, maar bokpryse is steeds hoog as gevolg van goeie aanvraag.
17 Aug 2022 2AM 3 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die problem van bek-en-klouseer. Daar is ‘n groot verskil met die huidige uitbraak in vergelyking met vorige kere. Die verskil is hoofsaaklik dat dit nou selfs in voerkrale voorkom, anders as in ander jare. Onsekerheid oor die…
16 Aug 2022 5AM 3 min

PM gesels met Dewald Olivier van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging

Dewald Olivier is die Hoof Uitvoerende Bestuurder van die Suid-Afrikanse Voerkraalvereniging. Hy was een van die hoofsprekers tydens ‘n boeredag van Koopmansfontein Boerevereniging in die Noord-Kaap met die tema “Naspeurbaarheid”. Olivier noem dat onderskeid getref moet word tussen verskillende produkte. Internasionaal word druk deur verbruikers toegepas en die rooivleisbedryf moet…
15 Aug 2022 2AM 2 min

PM gesels met Gerhard Schutte van die Nasionale RPO

Gerhard Schutte is die Hoof Uitvoerende Bestuurder van die Nasionale Rooivleisprodusente Organisasie (RPO) en was een van die hoofsprekers tydens ‘n boeredag van Koopmansfontein in die Noord-Kaap. Die tema van die dag was naspeurbaarheid en Schutte gee perspektief op die jongste uitbrake van bek-en-klouseer.
12 Aug 2022 3AM 1 min

Charl Saunderson gesels in sy weeklikse progam “Kom ons praat ‘n bietjie boer”

Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoet-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers. Hy gesels vandag oor ‘n vergeluyking wat hy tref…
12 Aug 2022 3AM 5 min

PM berig oor die jongste maatreels van wapenslisensies

Vuurwapenlisensies was weer die afgelope tyd onder die loep. Vandag word kortliks berig oor die maatreëls wat nou in plek is en ook die prosesse wat daarmee gepaard gaan. Daar word ook voorgeskryf hoe om aansoek te doen en wanneer wapens onwettig is of verbeurd verklaar kan word. Voorgeskrewe dokumentasie…
10 Aug 2022 4AM 4 min

Dr Johnny vd Merwe, bekende landbou-ekonoom, gesels oor kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies het gedaal hierdie week. Daar is steeds laer vraag na uitvoere. Die Russiese oorlog oefen steeds ‘n groot invloed op pryse uit, maar meer mielies en graan word weer uit…
10 Aug 2022 4AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week versterk teenoor die Amerikaanse dollar met laer ekonomiese groei as een van die redes. Stoorlampryse het weer effens gedaal met meer diere beskikbaar. Hoenderpryse en varkpryse het effens gedaal. Pryse kan…
10 Aug 2022 4AM 3 min

PM berig oor koeie wat meer melk produseer wanneer hulle rustiger is

Volgens Nieu-Seeland se AgResearch en DairyNZ, is daar in ‘n onlangse navorsingstudie bevind dat sogenaamde rustiger en nuuskierige koeie langer wei en het die navorsers tot die gevolgtrekking gekom dat dit waarskynlik tot verhoogde melkproduksie bydra. Daar is ook gevind dat koeie wat skrikkerig vir mense was, minder gerus en…
10 Aug 2022 2AM 1 min

Hans-Jurie Moolman, ‘n bekende regskundige

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende prokureur wat ‘n kundige is op die gebied van grondregte. Vandag bespreek hy ‘n vraag oor grondeise en as grondeienaars in hierdie stadium nog niks gehoor het nie, daar aanvaar kan word dat hulle grond “veilig” is. Moolman verduidelik die proses vandat ‘n eis ingestel…
10 Aug 2022 2AM 5 min
900 – 920