Delf Steeds Dieper nooi jou uit om saam te delf en dieper te soek na die skatte van ons Vader. Die Waarheid is so groot soos ons Messias Self en in hierdie lewe sal ons nooit ophou delf en leer nie!
Weekly
Afrikaans South AfricaReligion & Spirituality · ChristianityAuthored by Este Geldenhuys
In hierdie program – uitsending Delf Steeds Dieper , 4 September 2023 - word gefokus op die pastorale begeleidingsproses tot heling en herstel na traumatiese ervarings soos aanranding, geweldsmisdaad, trauma in ‘n gesin en meer. Prof Wentzel Coetzee wat lank aan die PUK verbonde was, is my ateljeegas. Vrae soos…
In hierdie gesprek van 28 Augustus word die verduideliking van hierdie besondere stam verder geneem. Luister en leer – oor mense wat soos welpies onnutsig is, totdat hulle deur ‘n fase van moeilikheidsoeker moet leef, voordat die volwasse leeu se brul ander om hulle stil maak.
In die reeks oor die stamme van Israel, waarin die betekenis van name, simbole en profesieë, was die stam hanteer word, was die stam van Juda vir ‘n eerste aanbieding aan die beurt op Maandag 21 Augustus 2023. Hierdie stam is belangrik en daar is soveel om in te neem…
Die gesprek oor die 12 stamme van Israel is weer aan die beurt in hierdie aanbieding. Die stam van Levi kom verder aan die beurt. Wat ‘n kosbare lering is daar nie in hierdie stam verskuil nie! Die hoogtepunte en laagtepunte van die stam asook dit wat ons leer uit…
Hoe sus die vyand ons nie aan die slaap nie en sy sagste teiken? Ons kinders. Daar is soveel speelgoed, rolprente en karakters wat hieruit voortspruit ... en ons kinders dra die uitbeeldinge daarvan op hulle klere, hulle kry speelgoed wat hierdie karakters voorstel en ons glo liggelowig dat dit…
In vandag se uitsending van die program Delf Steeds Dieper, het ons verder gesels oor dit wat ons profeties kan leer uit die twaalf stamme van Israel. Simeon was aan die beurt – die betekenis van sy naam en simbole, spesifieke gebeure in sy lewe wat merkbaar uitspel wie hy…
Hierdie uitsending van die program Delf Steeds Dieper is ‘n tweede gesprek oor die belangrikheid van die twaalf stamme van Israel – wat ons moet leer uit hulle simbole en geskiedenis en ook die profetiese woord wat oor hulle uitgegaan het. Alles gaan oor Verlossing in Jesus wat die Christus…
Om in ‘n hospitaal opgeneem te word vir ‘n spesifieke operasie en dan later te hoor dat jy met ‘n ernstige kanker gediagnoseer word, sal vir enigeen ‘n skok wees. In hierdie uitsending van Delf Steeds Dieper, vertel Antoinette Maree hoe ons Vader haar en haar gesin gedra het deur…
Ons het nodig om die boodskap van ons Vader wat Hy deur die karakters en geskiedenis van die Ou Testament vir ons gee, te hoor en te verstaan sodat dit wat Hy in die Nuwe Testament vir ons leer, te kan begryp en toe te pas. Verder speel die twaalf…
Daar is soveel opdragte wat ons Vader-God veral in die Ou Testament vir die volk gegee het, waaroor ons vandag kan dink dat dit nou regtig – veral in ons hedendaagse lewe - niks met ons uit te waai het nie. Maar dink weer. Wat is daarin wat eintlik veral…
Dr Andre Vermeulen is andermaal die ateljeegas om verder te gesels oor die verskillende maniere waarop mense slim is en dan veral ook hoe dit die mens raak ten opsigte van die hoor van God se stem asook ons verstaan van die betekenis van die Woord. Nie twee mense hoor…
Elke mens is geskep met ‘n spesifieke Goddelike skeppingsdoel in gedagte. Dr Andre Vermeulen van die maatskappy Neurolink, gesels oor 11 verskillende maniere waarop die mens slim is. Dit kan logies / wiskundig wees of visueel / ruimtelik, intra – of interpersoonlik ... Daar is 11 verskillende maniere waarop die…
Die Koninkryk van die Hemel is sekerlik die mees wonderbare geskenk wat ons Skepper-God vir die mensdom kon bedink. Maar sonder begeleiding en onderrig sal ons nooit leer en verstaan wat dit alles behels nie. Daarom het ons Messias reeds tydens Sy aardse wandel, die mens begin onderrig sodat ons…
Op Maandag 29 Mei 2923 was die tema vir die program Delf Steeds Dieper, die uiteensetting van die betekenis van die “Koninkryk van God”. Twee van die elemente van hierdie Koninkryk, behels die “Koninkryk van Hemele”. As jy nou ook al gewonder het wat die verskil tussen die twee benaminge…
Het jy al ooit gewonder oor wat die verskil kan wees tussen Die Koninkryk van God en die Koninkryk van die Hemele? Waarom is dit belangrik om hierdie dinge te verstaan? Dit het alles te make met die tweede koms van Christus en ook die groot uiteinde van alles wat…
Verlede week, in die program Delf Steeds Dieper, was die mense van die Galilea asook die eerste drie Saligsprekinge die punt van bespreking. In vandag se program volg ons die wonderbare lering van ons Messias verder op ten opsigte van die res van die Saligsprekinge. Kuier saam en oorweeg die…
Het jy ook al gewonder waarom ons Messias juis die area rondom die meer van Galilea verkies het om die meeste van Sy lering en wonderwerke aan te bied? Nee hoor – dit was toe nie omdat dit so mooi is daar nie. Luister gerus na Delf Steeds Dieper wat…
Volgens Paulus, soos verduidelik in sy brief aan die gemeente in Rome, Romeine 12:3 – 8, is daar sewe verskillende bedieningsgawes waarmee alle gelowiges toegerus word. In hierdie program, is die laaste en sewende bedieningsgawe bespreek, naamlik die gawe van barmhartigheid. Let op dat daar ‘n groot verskil is daartussen…
In Delf Steeds Dieper gesels ons op die oomblik oor die Spesiale Bedieningsgawes soos vir ons uitgespel in Rom 12:6 – 8. Kom jy by verduideliking hieroor gemaak deur manne soos Arthur Burk, besef jy hoeveel agter hierdie paar teksverse lê wat ons regtig nodig het om te verstaan. In…
In hierdie aanbieding van die program Delf Steeds Dieper word nog twee bedienigsgawes bespreek – die van die Leraar en ook die Bemoedigende Vermaner.
24 Apr 2023
45 min
80 – 100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.